die eerste tree

So, hier is ek nou…

 

My eerste blog!

 

Ek is wat mens kan noem `n tussen die boom en die blas mens! Ek is op daardie ouderdom waar ek nie meer tiener is nie maar “groot”, voel ek meestal ook nog nie. Mense om my met baie opinies laat my soms wonder of ek dan ooit my eie brein gekry het om te dink… en ander kere loop ek oor van selfvertroue, altyd in beheer, altyd voor in die tou, my varkies mooi op hok!

 

Ek vra by voorbaat on verskoning, ek is nie `n digter nie, ek is nie `n skrywer nie, ek is net…. wél, ek! So indien jy dalk by die blog verby kom… WELKOM! Hier gaan ek my kop probeer uitsorteer. Ja, ek weet my ma het altyd gesê mens was nie jou wasgoed in die openbaar nie. Maar soms… net soms is dit nodig om uit jou eie kop uit te klim sodat jy kan sin maak van dit wat om jou aangaan!

Lewer kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Spam protection by WP Captcha-Free